ALGEMEEN
Hoërskool Labori bied ’n wye verskeidenheid van sport aan. Die skool beskik oor uitstekende sportfasiliteite en leerders het toegang tot skool- sowel as privaatafrigters.
Hoërskool Labori beskou sport as ’n belangrike deel van leerderontwikkeling en streef die volgende na:
- dat sportleierskap en -bestuur deur waardes gedryf word;
- dat sport ’n belangrike deel van die opvoeding van leerders vorm;
- dat sport as hulpmiddel dien om jong volwassenes waardes te leer vir hul lewenspad na skool;
- dat sport tot leerders en die gemeenskap se lewensvreugde sal bydra; en
- dat ’n sportkultuur gekweek word wat totale deelname van leerders inspireer en elke individu en span vir hul bydrae eer.
RUGBY
Rugby word hoofsaaklik tydens die winterseisoen gespeel, alhoewel oefeninge gedurende die somermaande ook plaasvind. Daar is geleenthede vir leerders om vir die o.14, o.15, o.16 en o.19 spanne te speel en al ons afrigters beskik oor Wêreld Rugby Afrigtingskwalifikasies.
Seuns van alle ouderdomme is welkom om deel te neem en die kleredrag vir alle spanne is ‘n navy blou rugbybroek met skool rugbysokkies en ‘n skool rugbytrui. Spelers se vaardighede sal verbeter word deur voortdurend nuwe tegnieke in te oefen asook wedstrydblootstelling.
Interskole en die o.19 rugbytoer is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Oefentye is Maandae tot Donderdae van 15:00 tot 17:00 (afhangende van ouderdom).
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
NETBAL
Netbal word hoofsaaklik tydens die winterseisoen gespeel, alhoewel oefeninge gedurende die somermaande ook plaasvind. Daar is geleenthede vir leerders om vir die o.14, o.15, o.16, o.17 en o.19 spanne te speel en al ons afrigters is gekwalifiseerde afrigters deur NSA.
Meisies van alle ouderdomme is welkom om deel te neem en die kleredrag vir alle spanne is die wit LO-hemp en blou rompie. Spelers se vaardighede sal verbeter word deur voortdurend nuwe tegnieke en spelpatrone in te oefen, addisionele buite-afrigters te kry wat op sekere tegnieke fokus asook wedstrydblootstelling.
Interskole en die o.19-Netbaltoer na die Arthur Johnson Sportweek in Mosselbaai is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 15:30 tot 16:30, met wedstryde wat soms op Woensdae of Donderdae is, asook op Saterdae.
Geleenthede om half- en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
HOKKIE
DOGTERSHOKKIE
Hokkie word hoofsaaklik tydens die winterseisoen gespeel, alhoewel oefeninge gedurende die somermaande ook plaasvind. Labori het tans twee dogtershokkiespanne (o.16 en o.19) en meisies van alle ouderdomme is welkom om deel te neem.
Die kleredrag vir alle spanne is die wit LO-hemp en blou rompie met die skool se hokkiesokkies. Basiese bal- en stokvaardighede is noodsaaklik, alhoewel beginners ook welkom is.
Interskole en die o.19-Hokkietoer na die Arthur Johnson Sportweek in Mosselbaai is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 15:30 tot 16:45, met wedstryde wat op Saterdae plaasvind.
Geleenthede om half- en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
HOKKIE
SEUNSHOKKIE
Hokkie word hoofsaaklik tydens die winterseisoen gespeel, alhoewel oefeninge gedurende die somermaande ook plaasvind. Labori het tans vier hokkiespanne (o.14 tot o.19) en seuns van alle ouderdomme is welkom om deel te neem.
Die kleredrag vir alle spanne is die wit LO-hemp en navy broek met die skool se hokkiesokkies. Basiese bal- en stokvaardighede is noodsaaklik, alhoewel beginners ook welkom is.
Interskole en die o.19 hokkietoer na die Arthur Johnson Sportweek in Mosselbaai is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 15:15 tot 16:30 vir alle spanne en Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00 tot 17:30 vir die eerstespan, met wedstryde wat op Saterdae plaasvind.
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
SKAAK
Skaak word regdeur die jaar gespeel en daar is geleenthede vir leerders om deel te neem in die ouderdomsgroepe vanaf o.15 tot o.18.
Meisies en seuns is welkom om deel te neem en die kleredrag vir alle spelers is gewone klere tydens oefeninge en skoolklere tydens wedstryde. ‘n Vereiste is dat spelers ten minste die spel moet kan verstaan en speel.
Interskole en ander kompetisies is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Oefentye is Maandae en Dinsdae direk na skool met wedstryde wat soms op Woensdae asook Saterdae plaasvind.
LANDLOOP
Landloop word regdeur die jaar geoefen en hoofsaaklik in die winterseisoen deelgeneem aan wedlope. Leerders van enige ouderdom is welkom om deel te neem aan onderskeidelik junior of senior wedlope. Die kleredrag vir oefening is skool LO klere en vir wedlope die skool se landloopfrokkie met die skool se atletiekbroek.
‘n Vereiste is dat leerders fiks genoeg moet wees om ‘n 4 km baan gemaklik tussen 15 en 25 minute te kan voltooi, asook goeie draftekkies. Die bane verskil elke week, afhangend van watter skool die wedloop reël. Die liga waaraan Labori deelneem bestaan uit 13 skole waarvan 6 van die Paarl is, 4 van Stellenbosch en 3 ander skole in die omgewing.
Interskole en ander wedlope is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
Oefentye is Maandae vanaf 15:00 tot 16:00 en indien jy wil betrokke raak kan jy jou naam by die sportkantoor gaan opgee.
GHOLF
Gholf word regdeur die jaar gespeel en daar is geleenthede vir leerders om deel te neem in die ouderdomsgroepe vanaf o.15 tot o.18.
Meisies en seuns is welkom om deel te neem en die kleredrag vir alle spelers is die skool se LO klere tydens oefeninge. ‘n Vereiste is dat spelers ten minste beskik oor die basiese vaardighede en kennis van die spel.
Oefentye is Dinsdae en Donderdae en indien jy wil betrokke raak kan jy jou naam by die sportkantoor gaan opgee.
KRIEKET
Krieket word hoofsaaklik in die eerste en vierde kwartaal gespeel en tans is daar o.14, o.15 en o.19-spanne. Alle spanne speel gedurende die week wedstryde behalwe die o.19A-span wat Saterdae speel. Die hoogtepunt van die jaar is Interskole teen Parow in die vierde kwartaal.
Seuns van alle ouderdomme is welkom om deel te neem in Labori se LO-klere en daar sal gefokus word op vaardigheidsontwikkeling wat wilskrag en deursettingsvermoë vereis. /span>
Oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00 tot 16:00.
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
ATLETIEK
Atletiek word hoofsaaklik in die eerste kwartaal beoefen en leerders van enige ouderdom is welkom om deel te neem. Die kleredrag vir oefening en deelname is die skool LO klere vir seuns en meisies.
‘n Vereiste is dat leerders alle oefeninge sal bywoon en ook gedissiplineerd genoeg moet wees om op hul eie ook aan hul fiksheid te werk.
Interhuisatletiek, Boland en SA Atletiekbyeenkomste is van die hoogtepunte waarna leerders jaarliks uitsien.
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
Oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00 tot 16:00 en indien jy wil betrokke raak kan jy jou naam by die sportkantoor gaan opgee.
TENNIS
Tennis word hoofsaaklik tydens die eerste en vierde kwartaal gespeel en enige leerder is welkom om deel te neem.
Die kleredrag vir alle spelers is die wit LO-hemp en blou broek. Spelers ontvang afrigting van ‘n professionele afrigter wat die leerders toerus met die nodige vaardighede om hul volle potensiaal te bereik.
Wedstryde teen omliggende skole is waarna die spelers jaarliks uitsien.
Oefentye is Dinsdae en Woensdae vanaf 16:00 tot 17:00, met wedstryde wat meestal gedurende die week plaasvind.
Geleenthede om half – en vol erekleure te verwerf is moontlik en daar is geen kostes verbonde vir deelname nie.
Indien jy wil betrokke raak kan jy jou naam by die sportkantoor gaan opgee.