LIGGING

In die Paarlvallei, aan die voet van Paarlberg in die Kaapse Wynlandstreek, sal jy Hoërskool Labori vind.
Labori is sentraal geleë, en is omring deur boomryke woonbuurte.

VANUIT DIE KANTOOR

NADENE VAN ASWEGEN

Welkom by Hoërskool Labori

U en u kind het ’n uitstekende keuse gemaak deur by die Labori-familie aan te sluit. Voortaan is u deel van ’n vennootskap waarin die skool en ouerhuis saam verantwoordelikheid aanvaar vir die optimale ontwikkeling van u kind se potensiaal.

By Labori verwag ons die volgende van elke leerder:

  • Respek – vir jouself, vir ander en vir die skool
  • Verantwoordelikheid – vir jou gedrag en jou werk
  • Trots – in hoe jy werk, hoe jy praat en hoe jy die skool verteenwoordig

Ons droom by Labori is dat elke leerder vaardig, verantwoordelik en selfstandig ontwikkel. Leerders word aangemoedig om ten volle gebruik te maak van die onbeperkte akademiese, sport-, kulturele en ander geleenthede wat die skool bied.

Saam bou ons aan ’n veilige, positiewe en stimulerende leeromgewing waar elke leerder kan groei, presteer en sy of haar volle potensiaal bereik. Ons sien daarna uit om u en u kind op hierdie opwindende reis by Hoërskool Labori te vergesel.

As leerder moet jy besef dat jy op akademiese -, sport -, kulturele – en vele ander terreine binne skoolverband, onbeperkte geleenthede gebied word, wat jy self moet aangryp en benut, ten einde die hoogste sport te kan bereik.

Benut daarom, elke geleentheid wat hierdie skool jou bied en verwesenlik jou volle potensiaal, sodat jy kan ontwikkel tot ‘n nuttige landsburger.

Ek glo en vertrou dat u en u kind se verbintenis met Labori bekroon sal word met pragtige prestasies en dat hy/sy vir Labori aanwins en ‘n trots sal wees.

KALENDER

Die kalender word kwartaalliks opdateer en is op D6 beskikbaar.

Indien u nie toegang het nie, kontak asb die skool by 021-872 8293.

TUISTE VAN DIE VIKINGS

BAIE DANKIE AAN ONS BORGE

Sonder die bydraes van ons borge sal ons leerders nie die geleenthede wat ons bied kan geniet nie.