Labori se twee koshuise
Hoërskool Labori beskik oor twee puik koshuise met moderne geriewe. Huis Jan van Zyl huisves die dogters en gr.8-seuns en Huis Theo Pauw (die H.T.P.-manne).
‘n Vasgestelde studieprogram word gevolg en net die beste maaltye word bedien. Die koshuise beskik oor voldoende ontspanningsfasiliteite. In Huis Jan van Zyl is ‘n goed toegeruste gimnasium tot die leerders se beskikking.
‘n Besondere gees heers in beide koshuise en unieke tradisies word gehandhaaf. Die leerders word nie net fisies versorg nie, maar die huislike atmosfeer maak dit vir hulle ‘n ware tuiste.
Koshuisleerders kan oor naweke gebruik maak van busvervoer na die Weskus en noordelike voorstede.