LABORI SE OPEDAG
Hoërskool Labori se opedag is ‘n interaktiewe ervaring waartydens leerders meer van die skool se akademie en buitemuurse aktiwiteite kan uitvind en meemaak. Die besoek aan die land van die Vikings sluit ‘n uitstalling in die saal en ‘n volledige toer van ons praktiese lokale in. Voornemende leerders kan dan ook die atmosfeer van die skool ondervind en waarneem hoe dit in die praktyk werk.
‘n Koshuistoer vir voornemende koshuisbewoners is ook beskikbaar.
Vir ‘n voorsmakie, kyk gerus na ons inligtingsvideo deur op die skakel te kliek.