VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS (VRL)
LABORI VRL
Die Hoërskool Labori se VRL bestaan uit Graad 8 tot 12 leerders. Die seniors maak die grootste deel van die VRL uit. Die VRL word nie net benut as ondersteuning vir die personeel met die daaglikse handhawing van dissipline nie; hul is ook verantwoordelik vir die organisering van verskeie aktiwiteite.
Die VRL is onder andere verantwoordelik vir die volgende:
- Gr. 8 – Verwelkomingsweek
- Akademiese Oriëntering van die graad 8’s
- Matriekbraai
- Valentynsdag
- Poedingaand
- Tema-dae
- Hekdiens tydens sportdae
- Geestelike week
- Lief-en-leed
- Sokkies
- Die Graad 12’s se Oscar-funksie
- Entrepeneursgeleenthede – om geld vir die VRL te in
Die VRL-lede se betrokkenheid by bogenoemde aktiwiteite gee hul die geleentheid om hul leierskapsvaardighede te slyp. Die VRL van 2026 het vir hul ‘n visie en missie geformuleer wat deur die onderstaande logo voorgestel word.

HOOFLEIERS 2026

Leon Snyman(Voorsitter)

Raylee Mars(Ondervoorsitter)

Zéan de Klerk(Tesourier)

Akeelah Smit(Sekretaresse)
Ons is baie trots op ons hoofseun, Leon Snyman, wat Die Burger se Jeugleierskonferensie van 2026 bygewoon het. Hy was een van net 48 leerders uit die Oos-, Suid- en Wes-Kaap wat gekies is om dié prestige geleentheid by te woon.


Leon Snyman by die Jeugleierskonferensie groepfoto.
VRL-TAKE IN AKSIE