Siviele tegnologie bestaan uit teoretiese en praktiese afdelings, maar die klem val meer op die teorie komponent, moet dus nie dink dis ‘n maklike vak waarin daar heeldag prakties gedoen word nie.
Wat is Siviel?
Siviele Tegnologie as vak het ontstaan as gevolg van die groot tekort aan ingenieurs en tegnici in verskillende velde.
Siviele Tegnologie fokus op vaardighede en beginsels in die beboude omgewing en op die tegnologiese proses van probleemoplossing. Dit ontwikkel praktiese vaardighede en pas wetenskaplike beginsels toe.
By Labori gaan ons die konstruksie gedeelte van Siviele Tegnologie aanbied. Konstruksie fokus op die ontwikkeling en bou van beton- en steenstrukture in die bou-omgewing. Verder word daar kennis gemaak met verskillende materiale wat in die bou van strukture gebruik word asook die eienskappe van die onderskeie materiale
Meisies vaar goed in Siviele tegnologie en word onderverteenwoordig in die konstruksiebedryf, daarom is daar goeie werksgeleenthede vir hulle beskikbaar.
Wat het ek nodig om Siviel te kan doen?
- belangstelling in ontwerp,
- insig in 3-dimensionele voorwerpe
- kreatiewe benadering tot probleemoplossing
- leerders wat dit geniet om praktiese werk te doen en met verskillende apparaat en toerusting te werk
- tekengereedskap
Wat kan ek doen met Siviel?
- Siviele Ingenieur
- Landmeter
- Konstruksie Voorman
- Argitek
- Bourekenmeester (QS)
- Bou-inspekteur
- Tekenaar