VANUIT DIE KANTOOR
Baie welkom by die Hoërskool Labori.
U en u kind het 'n baie belangrike keuse geneem om by 'n wenspan aan te sluit.
As ouers is u voortaan deel van 'n vennootskap waar die skool en ouerhuis saam mede-verantwoordelik moet wees vir die optimale ontwikkeling van die volle potensiaal van u kind. As ons hierdie visie verwaarloos, ontneem ons die kind van sy/haar aanspraak op die toekoms.
As leerling is jy op die drumpel van 'n nuwe en uitdagende stadium van jou lewe. Om eendag jou plek vol te staan in 'n vinnig veranderende wêreld met steeds groter wordende eise, vereis volgehoue, self-gemotiveerde en harde werk.
By hierdie skool is dit ons opregte erns om elke leerder te help om sy/haar beste te bereik. As leerder moet jy besef dat daar op akademiese -, sport -, kulturele - en vele ander terreine binne skoolverband, aan jou onbeperkte geleenthede gebied gaan word, wat jy self moet benut en aangryp, ten einde die hoogste sport te kan bereik. Benut daarom elke geleentheid wat hierdie skool jou bied en verwesenlik so jou volle potensiaal, sodat jy kan ontwikkel tot 'n nuttige landsburger.
Ek glo en vertrou dat u en u kind se verbintenis met Labori bekroon sal word met pragtige prestasies en dat elke leerder vir ons skool 'n aanwins en 'n trots sal wees.
Mnr. Johan Batt
Ligging
In die Paarlvallei, aan die voet van Paarlberg in die Kaapse Wynlandstreek, sal jy Hoërskool Labori vind. Labori is sentraal geleë, en is omring deur boomryke woonbuurte.
Fisiese adres
Gimnasiumstraat
Paarl
7646
Posadres
Privaatsak X3013
Paarl
7620
Kontakbesonderhede
021 872 8293
ontvangs@hslabori.co.za
Skoolure
Ons leerders tree voor skool in die vierkant aan waar afkondiginge aangaande die dag se verrigtinge gemaak word. Teen 07:40 moet leerders asseblief reeds op die terrein wees.
Indien 'n leerder afwesig is moet die skool voor 09:30 verwittig word, hetsy per epos, oproep of WhatsApp boodskap.
Weeksdae 07:40 – 14:05
Tuisnaweke 07:40 – 13:00
Kantoorure
HOOF EN ONDER-HOOF
Maak gerus ‘n afspraak.
ADMINISTRATIEWE KANTOOR
Weeksdae 07:00 - 15:00
FINANSIËLE KANTOOR
Weeksdae 08:00 - 15:00