HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Labori Entrepreneurskap van Krag tot Krag!

sien Artikel op Media24 - klik op foto hieronder!

Van links is Edith Kennedy (Business Advice Clinic), skoolhoof Johan Batt, Cai Hamman, Brian O’Grady (sakeman), Stefan Lubbe, Marzelle Heiberg, Stefan Joubert, Paul Joubert, Monea Venter, Reagan Diedericks, Demi Gericke, Ruben Klopper, Petrus Botes, Lize-Mari Augustyn, Ockert Christensen (koördineerder/onderwyser) en Ruben Oelofsen.

Labori Entrepreneurskap aansoekvorm

Labori wil graag, siende die ernstige tekort aan entrepreneurs in ons land, jou die geleentheid bied om ʼn besigheid op klein skaal op die been te bring. Ons kan net ʼn groep van 10 leerders aanvaar en daarom moet ons aansoeke keur. Die onderstaande inligting sal jou help om jou sakeplan volledig in te dien.

Voornemende entrepreneurs moet  ʼn mini-sakeplan opstel met die doel om ʼn besigheid te begin. Die besigheid moet  ʼn oplossing bied aan ʼn geïdentifiseerde behoefte. Die oplossing moet in die vorm van ʼn produk wees wat in die tegniese werkswinkels gemaak kan word met die beskikbare toerusting en nie so ingewikkeld wees dat die maak van een item 10 werksure gaan oorskry nie.

Voornemende deelnemers moet bereid wees, om as hulle aanvaar word, ʼn registrasie en administrasie bedrag van R350 te betaal vir die studiemateriaal.  Die vervaardigingskoste sal gedeeltelik deur die skool en leerder betaal word.

Ons beoog om die klasse te begin in die eerste kwartaal van 2016. Klasse sal twee maal per week wees, met ʼn tydsduur van een uur per les. Ons sal die spesifike dae vasstel sodra die groep gekies is en ons almal se programme en behoeftes in ag kan neem.

Die volledige aansoek Mnr Botha, Christensen of Swart ingehandig word.


Entrepreneurskap aansoekvorm
Entrepreneurskap aansoekvorm Labori HS
Entrepeneurskap aansoek.pdf (290.07KB)
Entrepreneurskap aansoekvorm
Entrepreneurskap aansoekvorm Labori HS
Entrepeneurskap aansoek.pdf (290.07KB)

 

FOTO: Van Links na regs: Paul Joubert, JJ van der Merwe, Keegan Erasmus, Dihan Huysamer, Cai Hamman, Stefan Joubert, Liandre Coetzee, mnr Ockert Christensen (onderwyser by Hoërskool Labori), Claudia Bruiners, Danielle Olivier, Nadia du Toit, Monea Venter, Ruben Klopper, Reagan Diedericks, Michael Olivier, Petrus Botes, mnr Danie Marais (Windmeul-wynkelder: Keldermeester) en Ruben Oelofsen.

 Hoërskool Labori se Entrepreneurskap Klub het Windmeul wynkelder in die Agter Paarl besoek om sodoende meer   oor die wynmaakproses te leer.

Alhoewel dit parstyd is, het Keldermeester Danie Marais genoegsame tyd van sy besige program afgestaan om die leerders te woord te staan en die kelder se verskillende produksie afdelings te wys, wat alles ‘n integrale deel van wynmaak vorm. Die Entrepreneurskap Klub poog om leerders blootstelling te gee aan verskeie industrië in die sake-wêreld asook toepaslike hulpmiddels te bied om hul eie suksesvolle ondernemings te kan bestuur.  Van die leerders het reeds suksesvolle kleinsake op die been gebring en skerp hul besigheidsvernuf op met die hulp van die klub.  




Tweet
Like