HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Pêreltjie Toekenning 2016

MATRIEK VAN DIE JAAR

Annamé Geldenhuys

 

Annamé en Ettiene Mouton, vanjaar se Hoofseun.


  Gesofistikeerd, sprankellend, intelligent, volwasse, veelsydig... is 'n paar van die woorde wat by jou opkom as jy met hierdie pragtige produk van Labori te doen kry.

  ANNAMÉ, is slegs die tweede persoon in dertien jaar wat dit kon reg kry om op ons skool se webwerf vereer te word met die Pêreltjie Toekenning.

Jani Schlebusch ons eerste ontvanger van Die Pêreltjie Toekenning in 2012

  Die enigste ander leerder van die skool (ook 'n dogter) wat hierdie eer te beurt geval het, was Jani Schlebusch, in 2012 wat ook in die Paarl Post met 'n Pêrel van die Maand vereer is.

Vier jaar later het ons weereens 'n pragtige en volwaardige kandidaat in Annamé Geldenhuys.

 Sy ontvang daarom die trofee vir die Matriek van die Jaar wat toegeken word aan die veelsydigste matriekleerder op: kulturele, sport en akademiese gebied. Die leerder moet die beste beskryf word deur die volgende karaktereienskappe: moraliteit, aanvaarding, toewyding, respek, integriteit, kommunikasie en samewerking. 

  Hierdie jong dame is ook een van die skool se top 2016 uitvoerprodukte! Sy is soos die spreekwoordelike Ester van die Bybel  - ‘n dame van uitnemendheid. Benewens haar uiterlike skoonheid spreek haar innerlike van karakter, integriteit en jubelende blydskap. Verder het sy  vele talente van haar Skepper ontvang – op die terreine van leierskap, sport, kultuur en akademie. En die pragtigste is dat sy haar godgegewe talente gebruik en ontwikkel tot Sy eer en tot groot genoegdoening en vreugde van almal om haar. Veral haar oupa, ouma, mamma, pappa en Abri!

    Op sportbegied het sy ‘n hele klompie jare vir die skool se eerste tennis- en netbalspan gespeel. Wat kultuur betref blink sy uit as lid van die skool se Debatspan en VCSV – kringleier. Sy het ook op die Omnia redaksie gedien terwyl sy op ‘n stylvolle manier aan die mnr. en me. Labori kompetisie deelgeneem het.  Akademies is sy ‘n uitmuntende student. Sy woeker in so ‘n mate met haar Godgegewe talente dat sy sedert haar graad 8 – jaar altyd een van die top drie akademiese presteeders in haar graad was.

   Haar leierskapstyl as hoofdogter 2016 is gekenmerk deur ‘n dienskneggesindheid. Haar nederigheid het haar gewild en bemind onder haar maats en onderwysers gemaak.

Interskole 2016

Sy ontvang ook die Omnia-toekenning, wat gaan aan die matriekdogter wat gedurende die afgelope vyf jaar die grootste impak op sportgebied by Labori gehad het. Annamé Geldehuys is vanjaar die waardige wenner van dié toekenning.

Annamé het die Labori op verskeie sportterreine met groot onderskeiding gedien. Sy speel reeds drie jaar vir die 0.19A-netbalspan en is al vir vyf jaar lid van die eerste tennisspan. Die afgelope twee jaar is sy ook die skool se beste tennisspeler Sy het ook aan atletiek deelgeneem en veral in die veldnommers uitgeblink. Annamé was ook altyd bereid om tydens interskole aan landlope deel te neem.  

Annamé het op en van  die sportveld met haar voorbeeld gelei en gewys ‘n mens kan uitsonderlik in sport en op akademiese gebied presteer. Haar toewyding en passie is iets besonders. Annamé, baie dankie vir  jou groot bydrae tot  Labori se sport die afgelope vyf jaar. Jy sal altyd onthou word as een van die Vikings se  legendes!

 

Annamé. Jy is een van Labori se spogprodukte! Ons hou jou loopbaan met groot verwagting dop!

Mnr en Mej Labori 2016

Tweet
Like