Tuiste van die Vikings
BouKarakter

OPEDAG 2023

Hoërskool Labori se opedag is ‘n interaktiewe ervaring waartydens leerders meer van die skool se akademie en buitemuurse aktiwiteite kan uitvind en ervaar. Die besoek aan die land van die Vikings sluit ‘n uitstalling in die saal en ‘n volledige toer van ons praktiese lokale in waar voornemende leerders nie net die atmosfeer van die skool kan ervaar nie, maar ook kan waarneem hoe die praktyk werk.
‘n Koshuistoer vir voornemende koshuisbewonders is ook beskikbaar.
Maak jou tegniese insigtoets afspraak vir een van die volgende datums: 25 Februarie, 1 Maart, 11 Maart, 25 Maart of 15 April.


 

Bemarkingsvideo 2023