HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Bethel

Bethel, ‘n nasionale gedenkwaardigheid, en een van die oudste woonhuise in die Paarl word as klubhuis benut.

 

Bethel Klubhuis

 Leerders kan aan ‘n groot verskeidenheid sportsoorte deelneem. Labori se sportgronde is ‘n lus vir die oog en daar is uitstekende fasiliteite vir al die sportsoorte. 

Die leerders van Labori is bevoorreg om puik afrigting in span en individuele sportsoorte te kan ontvang. Afrigters skool nie net die leerders in die vaardighede en tegnieke van die sport wat hul afrig nie, maar ontwikkel ook by die leerders ‘n gesonde kompetisiegees.

Labori is die tuiste van die Vikings en onder dié vaandel word daar baie entoesiasties op die sportveld meegeding. Sportspanne word die geleentheid gegee om hul vaardighede tydens spanboukampe en afrigtingsklinieke  te slyp. Sporttoere word ook gereeld onderneem.
Labori vaar uitstekend op sportgebied en lewer jaarliks leerders op wat op provinsiale en nasionale vlak presteer.

 

Tweet
Like