HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

BESPREEK AANLYN VIR DIE KONGRES

 

DIE KONGRES deur Louis de Villiers is 'n komiese klug in een bedryf en word in die 3de kwartaal by die skool op die planke gebring. (17 en 18 Julie)

DIE STORIE

'n Klomp dokters wat opdaag vir 'n mediese kongres in Johannesburg veroorsaak groot konsternasie wanneer 'n manlike en vroulike dokter saam in een kamer geplaas word en niemand die fout besef nie. Om alles te kroon daag die verloofde ook by die hotel op! Die vet is behoorlik in die vuur en sorg vir 'n uur se heerlike verwarring, beskuldigings en dreigemente wat alles in totale chaos eindig.

Die toneelstuk is die eerste in baie dekades in die skool se geskiedenis en word oor twee aande aangebied. Regie is deur Martyn le Roux en die dekor word vervaardig deur  OCKERT CHRISTENSEN.

Woensdag 17 Julie is 'n "oop" aand en kaartjies is R80.

Donderdag 18 Julie is in die vorm van 'n KAFEE TEATER waar 'n heerlike 3 - gang ete aangebied word terwyl u die toneelstuk kyk. R200

Bespreek 'n tafel of deel met vriende vir 'n aand van goeie vermaak.