HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Besoekersboek

  


                                 Welkom by ons webwerf! 

                                                 TEKEN GERUS ONS BOEK!

Ons wil graag weet wie ons besoek het. U is welkom om 'n boodskap te los of kommentaar te lewer.Besoek ons gerus weer. Dankie vir u belangstelling!


Guestbook

35 entries on 2 pages
George Kersop
23/07/17 13:34:32
Ek was 1957/1958 in die Hoe"r Handelskool Paarl DIE BESTE SKOOL IN DIE LAND. Ons is soos grootmense behandel opgevoed om die lewe aan te pak. My loopbane was in bankwese Het 1996 afgetree in Pretoria woon nou Danabaai (Mosselbaai) As daar nog iemand van daardie tyd kan hul my gerus kontak via my epos GROETNIS
Ursula Kratz Malan
08/07/17 20:20:39
Wanneer ek my skool- en koshuisfoto's deurkyk, dink ek met nostalgie terug aan 3 wonderlike jare in die Handelskool en in Huis Clarisdale. Ek was in 1971 saam met Paul Mulder die skool se leiers en in die koshuis het ek ook die leiding geneem. Dankie vir die mooi uitleg van die webblad en die geleentheid wat daar geskep is sodat ons van ver (Walvisbaai in Namibia) weer kan deel in die skool se bedrywighede. Baie voorspoed en sukses toegebid vir alle skoolbedrywighede.
Theresa Michau (Louw) (Strepies) (1982 - 1984)
25/05/16 17:26:21
Was weer vir die eerste keer in 32 jaar by skool.
Wonderlik gewees en soveel goeie herinneringe.
Skool en Huis Jan van Zyl lyk nog net so vanmelewe!!

Dankie aan huidige bestuur en personeel betrokke wat omgee en geboue so mooi instand hou!
Barnie Brink
24/05/16 16:14:38
Ek was in die jare 1955-1957 in die Handelskool. Ek bly nou in Jeffreysbaai en sal graag met mense van daardie jare wat in hierdie omgewing bly wil kontak maak. Veral die Bethel-outoppies!!!!
Julle webblad is puik.
Groete
Andre Louw
09/03/16 12:35:16
Lekker om weer die ou skool te sien, al is dit net op die webblad. Ek was ook leerder van 1965 tot 1966 en het in Betal koshuis gebly. Het vir Os goedgeken. My bynaam was Checkers en het in die orkes gespeel saam met Hennie Koen ( Rejects ), Jannie Laubser ( Jockey ) en Anton Erasmus ( Diesel ). Beste dae van my Jeug hier deurgebring. Dow Steyn was koshuisvader. My meisie in matriekjaar was Robin Stafford. Baie gerook, pakgekry en gevry in die vliek. Onthou ook die serenades by meisiekoshuise en La Rochelle. Lekker man lekker!
Eduardo
07/06/15 14:53:28
A very good website... It looks so professional
Bianca
29/03/15 03:35:44
What a great work. Really useful for us!
Allison Hoft Nee Raath
10/02/15 18:13:09
I spent 4 years at the old Paarl Commercial High and was a hostel pupil for the full four years. Coming from up north it was a tuff adjustment as Afrikaans was a new language, but learnt fast, was hostel prefect in "Huis Robert Mohr"and Deputy Head Girl in my matric year (1984. Very fond memories and good values and morals carried forward to own family and kids.
Jacobus J Mulder
11/12/14 18:25:38
So kom en gaan die jare. Ek was lid van die klas van 1966.
Bet-El was my tuiste vir twee jaar. Eerste skool waar die personeel ons behandel het soos volwassennes.
Verlede jaar weer n draai by die ou koshuis en rugbyveld gemaak met my kleinkind. Was nogal nolstalgies met n traan in die oog.
Beste twee skool jare ooit. Die wat nou by LABORI is, julle is op die beste plek. My bynaam was OS.
Anrich Meyer
16/09/14 11:00:52
Wow, elke keer as ek hiedie webblad besoek is ek net meer en meer trots om deel te kan wees van die Labori "Familia",(matiek 2008).

Verlang sommer terug aan my skooldae.

Labor Omnia Vincit!!
Karin Nel
01/09/14 15:44:12
Ek was in die skool van 1986 tot 1988. Ek was in Huis Robert Mohr reg agter die toringkerk. Die webtuiste bring goeie herinneringe terug. Van al die personeel is net Mej E Jacobs se gesig vir my bekend.
Simoné Abrahams
22/07/14 10:15:56
Dankie aan al die onderwysers by Labori wat 2013 die beste Matriek jaar vir my gemaak het. Almal het 'n spoor deur my hart geloop wat geen Univeriteits onderwyser ooit sal kan doen nie. Julle het my nie net geleer oor Biologie of Geografie nie, julle het my ook geleer dat daar meer in die lewe is as wat ons dink. Julle elkeen was 'n groot insperasie vir my gewees en ek sal julle nooit vergeet nie.
Aan Juf. Jacobs wat die jaar die skool verlaat. Juffrou het die grootste rol in my Hoërskool loopbaan gespeel. Juffrou het my insperasie gegee om my droom te volg (wat nie toutrek is nie). Juffrou het my het my laat glo in myself met al juffrou se praatjies in die Geografie klas en al die slide shows na 'n lang week se werk en leer.Juffrou was en sal alyd die beste bly! Juffrou het 'n baie spesiale plekkie in my hart omdat juffrou altyd geglo het in my! Ons gaan juffrou mis, daar sal nie weer 'n geografie onderwyser wees soos juffrou nie. Ek sien uit vir on eerste reunie! VIKING FOR LIFE!!!!!
Lize Carstens
23/05/14 11:40:40
Baie dankie aan Juf Redelinghuys en haar helpers vir die wonderlike kultuuraand (22/05/14). Dit was regtig GREAT om deur al die talenvolle leerlinge EN onderwysers vermaak te word. Die beoordeelaars (Juf Roodt en Swart) het verseker het hande vol gehad daarmee en ek is so bly dat dit nie ek was nie. Meneer Kershoff ek dink nie sport gaan ooit weer dieselfde wees nadat almal meneer se goue stem gehoor het nie. Baie geluk aan al die wenners en ook die deelnemers. Mnr Batt u het beslis die wenresep hier beet baie geluk. Al kommentaar wat ek wil lewer is om te vra vir meer fotos van sulke geleenthede asseblief. Groete Lize
Antonette Rousseau
22/05/14 16:20:44
Ek kan as n toekomstige Labori-ouer sê dat ek nog net n baie goeie indruk van Labori gekry het - van die begin af en tot en met die aand van die 15de Mei 2014.Ek wil ook net vir Mej J Steenkamp bedank vir die informele geselsie en die tyd wat sy afgestaan het om die koshuis aan ons te gaan wys. Wat n heerlike ervaring was dit nie. Wat n oulike klomp seuns en dogters en almal was so gelukkig, opgewek en toegerus met die mooiste maniere! Groete....
Jakkals (Giel) Mostert
29/04/14 14:32:34
Het so pas ons 50 jarige reunie gevier en wat n naweek was dit nie.
Na n skooltoer voel ek trots om met Labori te assosieer. Dankie dat jul prakties ge orienteerde jong mense die beroepswereld instuur.
Do so voort
Sonja Walters (Anderson)
08/09/13 22:52:56
Baie interessant! Was in St 7 & 8 daar (1975/1976).
DANIEL Rossouw
22/07/13 19:56:55
Was hier aan skool vanaf 1976 tot en met 1980. Sal graag wil hoor van my medeleerlinge.
Zanie Du Preez
21/06/13 14:35:38
Wie is die persone verantwoordelik vir die mooi toestand van die skool. Rugbyvelde? Gras wat mooi lyk? Netjiese, skoon skoolgeboue?
Janus Van Zyl
14/06/13 10:01:15
Ek wil vir Labori geluk wens met hierdie nuwe weblad. Was lanklaas daarop maar is baie verras oor die profesionele manier waar dit op gedoen is. Bou so voort en julle maak ons trots.
hendrik jacobus visser
18/05/13 17:56:32
iets om oor trots te wees.was daar 1992.
Show: 5  10   20