HS LABORI  PAARL - TUISTE VAN DIE VIKINGS

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Besoekersboek

  

LAAT GERUS JOU MERK!

BESOEKERSBOEK

37 entries on 4 pages
Jacobus J Mulder
11/12/14 18:25:38
So kom en gaan die jare. Ek was lid van die klas van 1966.
Bet-El was my tuiste vir twee jaar. Eerste skool waar die personeel ons behandel het soos volwassennes.
Verlede jaar weer n draai by die ou koshuis en rugbyveld gemaak met my kleinkind. Was nogal nolstalgies met n traan in die oog.
Beste twee skool jare ooit. Die wat nou by LABORI is, julle is op die beste plek. My bynaam was OS.
Anrich Meyer
16/09/14 11:00:52
Wow, elke keer as ek hiedie webblad besoek is ek net meer en meer trots om deel te kan wees van die Labori "Familia",­(matiek 2008).

Verlang sommer terug aan my skooldae.

Labor Omnia Vincit!!
Karin Nel
01/09/14 15:44:12
Ek was in die skool van 1986 tot 1988. Ek was in Huis Robert Mohr reg agter die toringkerk. Die webtuiste bring goeie herinneringe terug. Van al die personeel is net Mej E Jacobs se gesig vir my bekend.
Simoné Abrahams
22/07/14 10:15:56
Dankie aan al die onderwysers by Labori wat 2013 die beste Matriek jaar vir my gemaak het. Almal het 'n spoor deur my hart geloop wat geen Univeriteits onderwyser ooit sal kan doen nie. Julle het my nie net geleer oor Biologie of Geografie nie, julle het my ook geleer dat daar meer in die lewe is as wat ons dink. Julle elkeen was 'n groot insperasie vir my gewees en ek sal julle nooit vergeet nie.
Aan Juf. Jacobs wat die jaar die skool verlaat. Juffrou het die grootste rol in my Hoërskool loopbaan gespeel. Juffrou het my insperasie gegee om my droom te volg (wat nie toutrek is nie). Juffrou het my het my laat glo in myself met al juffrou se praatjies in die Geografie klas en al die slide shows na 'n lang week se werk en leer.Juffrou was en sal alyd die beste bly! Juffrou het 'n baie spesiale plekkie in my hart omdat juffrou altyd geglo het in my! Ons gaan juffrou mis, daar sal nie weer 'n geografie onderwyser wees soos juffrou nie. Ek sien uit vir on eerste reunie! VIKING FOR LIFE!!!!!
Lize Carstens
23/05/14 11:40:40
Baie dankie aan Juf Redelinghuys en haar helpers vir die wonderlike kultuuraand (22/05/14). Dit was regtig GREAT om deur al die talenvolle leerlinge EN onderwysers vermaak te word. Die beoordeelaars (Juf Roodt en Swart) het verseker het hande vol gehad daarmee en ek is so bly dat dit nie ek was nie. Meneer Kershoff ek dink nie sport gaan ooit weer dieselfde wees nadat almal meneer se goue stem gehoor het nie. Baie geluk aan al die wenners en ook die deelnemers. Mnr Batt u het beslis die wenresep hier beet baie geluk. Al kommentaar wat ek wil lewer is om te vra vir meer fotos van sulke geleenthede asseblief. Groete Lize
Antonette Rousseau
22/05/14 16:20:44
Ek kan as n toekomstige Labori-ouer sê dat ek nog net n baie goeie indruk van Labori gekry het - van die begin af en tot en met die aand van die 15de Mei 2014.Ek wil ook net vir Mej J Steenkamp bedank vir die informele geselsie en die tyd wat sy afgestaan het om die koshuis aan ons te gaan wys. Wat n heerlike ervaring was dit nie. Wat n oulike klomp seuns en dogters en almal was so gelukkig, opgewek en toegerus met die mooiste maniere! Groete....
Jakkals (Giel) Mostert
29/04/14 14:32:34
Het so pas ons 50 jarige reunie gevier en wat n naweek was dit nie.
Na n skooltoer voel ek trots om met Labori te assosieer. Dankie dat jul prakties ge orienteerde jong mense die beroepswereld instuur.
Do so voort
Sonja Walters (Anderson)
08/09/13 22:52:56
Baie interessant! Was in St 7 & 8 daar (1975/1976).
DANIEL Rossouw
22/07/13 19:56:55
Was hier aan skool vanaf 1976 tot en met 1980. Sal graag wil hoor van my medeleerlinge.
Zanie Du Preez
21/06/13 14:35:38
Wie is die persone verantwoordelik vir die mooi toestand van die skool. Rugbyvelde? Gras wat mooi lyk? Netjiese, skoon skoolgeboue?
Show: 5  10   20

Map
Email