HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

VRL Gemeenskapsprojekte

Labori is elke jaar betrokke by heelwat uitreik- en gemeenskapsprojekte om aan ons gemeenskap terug te gee en te help.

Bosplaas Kerspartytjie 2015

Juffrou Steenkamp en haar span het hierdie jaar weer 'n Kerspartytjie vir die kinders van Bosplaas gehou. Verlede jaar is die kinders Nuweland toe geneem. Vanjaar het hulle, behalwe vir die kersboom wat gehou is, ook 'n Spur-ete geniet en waterkaskenades op Bethel beleef.

Sien meer foto's hier.


2014

Labori se VRL het onlangs 'n gemeenskapsprojek geloods waar hulle vir Bosplaas Primêr se leerders kersgeskenke ingesamel het.  Daar is 'n kersboom opgerig in die voorportaal van die skool en vir elke leerder van Bosplaas was daar 'n kerskaartjie met sy kerswense op.  'n Kerspartytjie word ook by die skool gehou waar die geskenke uitgedeel gaan word.  Hulle is ook besig om vir elke huishouding van die skool 'n "Checkers kersemmer"  in te samel wat al die basiese kosbehoeftes in het.

Sien ook: Nuweland Projek




2012

Die VRL het 'n gemeenskapsprojek in 2012 aangepak waartydens hulle na die Paarl omgewing uitgereik het om 'n helpende hand te gee. Een van die projekte was 'n draadspan poging by 'n speelskooltjie wat dringende herstelwerk benodig het.

  

 

  

 

  

 

  

 

  

 

  

 

Tweet
Like